On Now
Weekends 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: 00:00 - 05:00 Early Mornings with OFM
Listen Live Streams

Local News

'Mediclinic bomplanter' weer vlugtig in BFN-hof

───   16:43 Thu, 01 Nov 2012

'Mediclinic bomplanter' weer vlugtig in BFN-hof | News Article
Lani Fouché

Bloemfontein - Die sogenaamde Mediclinic bomplanter, Bernard Koekemoer, het vandag weer in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn, waar sy saak tot 14 Januarie vir verdere ondersoek uitgestel is. '

Die 30-jarige Koekemoer is tans uit op borgtog nadat hy vroeër in die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks vir sielkundige waarneming was.

Hy het in Junie vanjaar Mediclinic Bloemfontein geskakel en gesê dat hy bomme regoor die hospitaal geplant het. 

Koekemoer het gedreig om die bomme te laat afgaan indien daar nie aan sy eise vir geld gehoor gegee word nie. Hy is dieselfde dag in hegtenis geneem en staar aanklagte van brandstigting en intimidasie in die gesig.

Sy vrou is 'n werknemer van die hospitaal. Koekemoer het tydens sy eerste hofverskyning gesê dat hy vroeër met bipolêre gemoedsversteuring en skisofrenie gediagnoseer is.




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.