On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Local News

Harrismith-pastoriemoord: Dit gaan 'goed' met kinders

───   16:50 Sat, 10 Nov 2012

Harrismith-pastoriemoord: Dit gaan 'goed' met kinders | News Article
Lani Fouché

Harrismith - Dit gaan goed onder die omstandighede die vermoorde Harrismith-dominee, Willem Brits, se drie kinders. 'n Woordvoerder vir die Brits-familie, AJ Scherrer, sê hul dogter Thea en seuns David en Willie is getraumatiseerd, maar bly sterk in hierdie moeilike tyd.

Hulle is tans in 'n plek van veiligheid in Harrismith. Hul aanneem-pa, 60-jarige dominee Willem Brits, is Donderdagaand in hul pastoriehuis met 'n byl doodgekap, en hul aanneem-ma, Dorothea, is erg beseer.

Sy is steeds in 'n kritieke toestand in Mediclinic Bloemfontein. Thea se verloofde, Gerhardus Vermeulen, is ook tydens die voorval doodgemaak.

Die vierde seun is gistermiddag weens die moorde in hegtenis geneem en sal saam met nog 'n verdagte Maandag in die dorp se landdroshof verskyn.

Scherrer sê die oggend-kerkdiens en aand-kerssangdiens in die NG Kerkenberg-gemeente, waar Brits werksaam was, sal more normaal voortgaan, maar sal ekstra-spesiaal in die lig van die tragiese gebeure aangebied word.



Dorothea Brits (59) is in 'n kritieke toestand in Mediclinic Bloemfontein.  (Foto: Facebook)



Vermoorde Willem Brits by sy kerk, NG Kerkenberg. (Foto: verskaf)



Thea se vermoorde verloofde, Gerhardus Vermeulen. (Foto: Facebook)

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.