On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Harrismith-dominee Vrydag ter ruste gelê, aangenome seun verskyn vandag

───   05:55 Mon, 12 Nov 2012

Lani Fouché -

Harrismith - Dominee Willem Brits van Harrismith word Vrydag in die Oos-Vrystaatse dorp ter ruste gelê.

Dít nadat hy verlede week wreedaardig in sy pastoriehuis vermoor is en sy vrou, Dorothea, erg aangerand is.

'n Familie-woordvoerder, AJ Scherrer, sê Brits sal Vrydag 11:00 uit die NG Gemeente Kerkenberg begrawe word.

Dit is nog nie seker wanneer 'n roudiens gehou gaan word vir sy aanstaande skoonseun, Gerhardus Vermeulen, wat ook daardie aand vermoor is toe hy glo die egpaar wou verdedig nie.

Hul aangenome seun verskyn intussen vandag saam met 'n medebeskuldigde van Mpumalanga in die dorp se landdroshof weens die moorde.

Hul ander drie kinders - Thea, David en Willie - sal Dinsdag na Bloemfontein gaan om hul ma in Mediclinic Bloemfontein te besoek. Sy het gister 'n terugslag gehad, en is tans in 'n kritieke, onstabiele toestand weens erge hoofbeserings.

OFM Nuus het vertroulik verneem dat die egpaar se seun wat tans agter tralies is, 'n uitblinkleerder op skool was. Hy het glo sport op provinsiale vlak beoefen en het goed gedoen in musiek.

Nadat hy vroeër vanjaar uit die tronk vrygelaat is - waar hy toegesluit was weens bedrog - het hy glo gesukkel om op sy voete te kom, en het nie 'n werk gehad nie. Hy het by sy ouers gewoon.

Al vier kinders is deur die egpaar aangeneem. Willem het glo onlangs 'n plaas in die Noord-Kaap geërf nadat sy moeder oorlede is.

Hy het aan 'n nabye vriend gesê hy het dit oorweeg om die plaas te verkoop en een nader aan Harrismith te koop.

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.