On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Harrismith dominee 'platgeslaan' toe seun in 2007 tronkstraf opgelê is

───   06:37 Tue, 13 Nov 2012

Harrismith dominee 'platgeslaan' toe seun in 2007 tronkstraf opgelê is | News Article
Lani Fouché -

Harrismith - Die vermoorde dominee van Harrismith, Willem Brits, was platgeslaan toe sy seun, Martin, in 2007 aan bedrog skuldig bevind en tronkstraf opgelê is.

'n Goeie vriend van wyle Brits, Paul van der Merwe, het aan OFM Nuus gesê hy het verskeie terugslae in sy gesinslewe beleef, maar daardie was die bitterste pil om te sluk.

Brits is verlede week wreedaardig in sy pastoriehuis vermoor en sy vrou, Dorothea, is ernstig beseer.

Hul aanstaande skoonseun, Gerhard Vermeulen, is ook vermoor.

Martin en 'n medebeskuldigde, Elliot Mhlambi, het gister weens dié moorde in die plaaslike landdroshof verskyn.

Van der Merwe sê Brits was 'n deernisvolle mens. Hy sê die feit dat al vier Brits se kinders aangeneem was, het net goeie dinge van hom weerspieël, en as hy vandag nog moes leef, sou die jongste gebeure hom gebreek het:

Martin en Mhlambi sal volgende Maandag weer in die hof verskyn. Martin gaan na verwagting skuld beken.

Podcasts

Paul van der Merwe:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.