On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

Niemand nog in hegtenis vir Kovsie-aanval en roof

───   12:55 Tue, 13 Nov 2012

Mariné Jacobs

Bloemfontein - Niemand is nog in hegtenis geneem vir Sondagnag se aanval en roof van twee studente op die Universiteit van die Vrystaat se Bloemfontein-kampus nie.

Universiteitswoordvoerder, Lacea Loader, sê sekuriteitsmaatreëls op die kampus is sedertdien verskerp.

Loader sê Alta Rall, ‘n eerstejaar Kovsie-student, en haar vriend wat nie ‘n UV-student is nie, is omstreeks middernag voor Roosmaryn-koshuis in haar geparkeerde motor beroof.

Die UV het die voorval as skokkend vir die universiteitsgemeenskap beskryf.
 
Volgens Loader is addisionele sekuriteitswagte by die koshuis ontplooi en ‘n voltydse sekuriteitswag is by die toegangshek in Badenhorststraat aangebring.

Daarby sal ‘n draaihek ook by dié voetgangershek installeer word en ‘n spreilig sal aangebring word om swak beligte areas rondom Roosmaryn te belig.

‘n Span bestaande uit verteenwoordigers van die SAPD en private vervoer- en veiligheidsmaatskappye sal saamgestel word om nog veiligheidsmaatreëls te ondersoek wat in plek gestel kan word.
 
Beide Rall en haar vriend is ongedeerd.

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.