On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Potch se Pierneef-skildery steeds skoonveld

───   12:43 Wed, 14 Nov 2012

Potch se Pierneef-skildery steeds skoonveld | News Article
Dane Beisheim

Potchefstroom - Noordwes polisie is steeds op soek na ’n 1933 Pierneef-skildery met ’n geraamde waarde van R3 miljoen wat vroeër vanjaar net ná die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees uit die Totius-huismuseum in Potchefstroom gesteel is. Die skildery is van ’n Bosveld-landskap.
 
Dit, nadat vier van die vyf kunswerke ter waarde van R17.3 miljoen wat Sondagoggend by die Pretoriase kunsmuseum gesteel is, in Port Elizabeth onder ‘n bankie naby die herinneringsmuur van die NG-kerk Sunridgepark gevind is.

Die vier kunswerke is deur Irma Stern, Maggie Laubser, Pierneef en Hugo Naudé. Die vyfde skildery deur Gerard Sekoto word steeds gesoek.

Nog niemand is in hegtenis geneem in verband met die rooftog nie.

Intussen sê Tlokwe Stadsraad-woordvoerder William Maphose die polisie is steeds besig met die ondersoek.

Enige persoon met inligting oor die skildery se verdwyning kan die museum se Vanessa van der Westhuizen skakel by 018 299 5047 of 071 331 7029.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.