On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Harrismith predikantsvrou steeds kritiek in Mediclinic BFN

───   16:25 Wed, 14 Nov 2012

Lani Fouché

Bloemfontein- Dorothea Brits, die vrou van vermoorde dominee Willem Brits van Harrismith, is steeds in 'n kritieke toestand in Mediclinic Bloemfontein.
 
Hospitaal-woordvoerder, Amanda Appelgryn, sê sy sal eerskomende Maandag weer 'n breinskandering ondergaan, en afhangende van die resultate sal haar dokters haar dan van die ventilator begin speen en die sedasie geleidelik verminder.
 
Dorothea het ernstige kopbeserings opgedoen toe sy en haar man verlede week in hul pastoriehuis met 'n byl aangerand is.

Willem het Vrydagoggend in Mediclinic Hoogland op Bethlehem gesterf.

Die egpaar se aanstaande skoonseun, Gerhardus Vermeulen, is ook in die voorval vermoor.

Vermeulen se roudiens is Donderdagmiddag op Harrismith, en 'n roudiens sal Vrydagoggend vir dominee Willem uit die NG Kerk Kerkenberg gehou word.

Die egpaar se seun, Martin Brits, is in hegtenis geneem vir sy beweerde aandeel in die moorde.

Hul ander drie kinders het gister hul ma in die hospitaal besoek.




More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.