On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Harrismith-dominee vandag ter ruste gelê

───   08:37 Fri, 16 Nov 2012

Lani Fouché -

Harrismith - Dominee Willem Brits van Harrismith word vandag (Vrydag) ter ruste gelê nadat hy en sy aanstaande skoonseun verlede week in sy pastoriehuis vermoor is.

Dominee AJ Scherrer sal die roudiens waarneem wat 11:00 uit die NG gemeente Kerkenberg - waar Brits werksaam was - sal plaasvind.

Scherrer het aan OFM Nuus gesê omdat hy en Brits vriende was gaan dit 'n onaangename taak wees.

'n Roudiens is gister vir Gerhardus Vermeulen gehou.

Brits se vrou, Dorothea, het die aanval oorleef en is steeds in 'n kritieke toestand in Mediclinic Bloemfontein.

Hul seun, Martin, is verlede week weens dié aanval in hegtenis geneem.

Scherrer het gesê Martin se suster, Thea, en broers, Dawid en Willie, is kwaad vir hom, maar is bereid om die pad van vergifnis te stap.


Podcasts

Dominee AJ Scherrer :

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.