On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Martin vra uit die tronk om vergifnis vir Harrismith-moorde

───   14:25 Fri, 16 Nov 2012

Lani Fouché

Harrismith - Martin Brits, wat verdink word van die gru-moord op sy pa en aanstaande swaer in Harrismith, het 'n brief uit die tronk geskryf waarin hy om vergifnis vir sy dade vra.

Dominee Willem Brits, wat verlede week glo deur sy seun Martin en 'n medebeskuldigde in sy pastoriehuis vermoor is, se roudiens is vandag uit die NG Gemeente Kerkenberg gehou.

Martin, wat tans in aanhouding is, het in 'n brief geskryf dat hy 'n skuldbekentenis gemaak het, en het sy broers en suster, die gemeenskap en vir God om vergifnis gevra. 'n Uittreksel van dié brief is vandag deur 'n familiewoordvoerder en mede-leraar, AJ Scherrer, tydens die roudiens voorgelees.
 
'n Goeie vriend van wyle dominee Willem, Paul van der Merwe, sê die gemeenskap sluk swaar hieraan.

Scherrer het vroeër gesê Martin se broers, Willie en Dawid, en sy suster, Thea, is kwaad vir hom, maar is bereid om hom te ondersteun en vergewe.

Dominee Willem se vrou, Dorothea, is intussen steeds in 'n kritieke toestand in Mediclinic Bloemfontein.


Podcasts

Paul van der Merwe:

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.