On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Dorothea Brits moontlik teen Vrydag heeltemal 'wakker': Hospitaal

───   14:28 Tue, 20 Nov 2012

Lani Fouché

Bloemfontein - Dorothea Brits, die vrou van die vermoorde dominee van Harrismith, word van vandag af geleidelik van die ventilator in Mediclinic Bloemfontein gespeen. Haar sedasie word ook verminder, en sy sal na verwagting teen Vrydag haar bewussyn herwin.

Brits is vroeër die maand met 'n byl oor die kop gekap en haar man, dominee Willem Brits, is doodgemaak. Sy het kritieke hoofbeserings opgedoen.

Haar aanstaande skoonseun, Gerhardus Vermeulen, is ook vermoor. Hospitaal-woordvoerder Amanda Appelgryn:

Die Brits-egpaar se seun, Martin, is 'n verdagte in die aanval op sy ouers en Vermeulen.
 
'n Familiewoordvoerder, AJ Scherrer, het intussen gesê hul ander drie kinders - Dawid, Willie en Thea - is tans by hul ma in die hospitaal.
 
Hy sê hulle beplan om binnekort weer na die pastoriehuis, waar die moorde gepleeg is, terug te trek.




Podcasts

Amanda Appelgryn:

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.