On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Pastoriemoord: Vrou haal self weer asem, sterk goed aan

───   15:35 Fri, 30 Nov 2012

Leanne Nel -

Bloemfontein - Dorothea Brits, die vrou man die vermoorde Harrismith-dominee, Willem Brits, haal self weer asem na sy kritieke beserings opgedoen het in 'n gewapende aanval in hul pastoriehuis vroeër die maand.

Volgens Amanda Appelgryn, woordvoerder vir Mediclinic Bloemfontein, gaan dit by die dag beter met Dorothea. Sy sterk steeds aan in die Intensiewesorgeenheid, maar is gespeen van die ventilator en haal self asem.

Dr. Petrus Stone, Dorothea se neurochirurg het bevestig dat sy toepaslik reageer op bewegingsbevele van haar ledemate.

Appelgryn sê indien Dorothea aanhou herstel teen die huidige tempo, sal sy moontlik binne die volgende twee weke na ‘n rehabilitasiesentrum oorgeplaas kan word.

Die egpaar is op 8 November met 'n byl in hul sitkamer aangeval.

Willem het aan sy wonde beswyk, terwyl Dorothea kritieke beserings opgedoen het.

Die egpaar se aanstaande skoonseun, Gerhardus Vermeulen is in die voorval doodgeskiet.

Hul seun, Martin, en 'n medebeskuldigde, Elliot Mhlambi, is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hul verhoor begin volgende maand.

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.