On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Nolwethu
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

National

Geen vergoeding vir wapeneienaars wat wapens vrywillig ingee

───   13:09 Tue, 04 Dec 2012

Die appèlhof het beslis dat wapeneienaars wat vrywillig hul vuurwapens aan die polisie oorhandig het om vernietig te word, nie vergoeding daarvoor sal ontvang nie.

'n Appèlaansoek deur twee nie-winsgewende organisasies, die Justice Alliance of South Africa en die False Bay Gun Club, teen 'n Wes-Kaapse hooggeregshofuitspraak, is Vrydag deur die appèlhof van die hand gewys.

Die hooggeregshof het beslis dat die minister van polisie, Nathi Mthetwa, nie sy wettige jurisdiksie oorskry het toe hy vasgestel het dat vuurwapeneienaars wat hul wapens vrywillig ingee, en NIE deur die staat gedwing is om dit te oorhandig nie, dit gratis sou weggee.

Mthethwa het die appèluitspraak verwelkom. Sowat 180 000 vuurwapens is vrywillig tussen Januarie 2005 en Maart 2009 aan die polisie oorhandig.

Zweli Mnisi, die minister se woordvoerder sê indien die polisie beveel sou word om vergoeding te betaal, sou dit die staat tot R170 miljoen uit die sak jaag.

Sapa

More from National

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.