On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Bejaarde boer op plaas aangerand, beroof

───   14:33 Fri, 07 Dec 2012

Arlington - Die polisie in die Vrystaat soek na vier mans wat na bewering 'n 73-jarige boer in die vroeë-oggendure op sy plaas, Anogora in die Arlington-distrik, aangerand en beroof het.

Jacobus Petrus Botha het na bewering in sy kamer geslaap toe vier onbekende mans hom met 'n knopkerrie begin slaan het.
Hulle het geld en vuurwapens geëis.

Volgens die polisie het die voorval omstreeks halfeen vanoggend plaasgevind.

Die verdagtes het Botha se hande en voete vasgebind. Hulle het die huis geplunder en kos sowel as 'n DVD-speler gesteel. Die vier het te voet gevlug en die beseerde Botha in die huis gelos. Hy is omstreeks 07:00 vanoggend (Vrydag) gevind deur van sy plaaswerkers wat vir werk aangemeld het. Botha is na die Senekal-hospitaal vir behandeling geneem.

SAPD verklaring

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.