On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Drie vas wat bejaarde boer beroof, aanrand

───   08:25 Fri, 28 Dec 2012

Bethlehem - Drie mense, insluitend 'n vrou, is in hegtenis geneem in verband met die aanranding en roof van 'n bejaarde boer op sy plaas, Anogora in die Arlington-distrik vroeër die maand. Vrystaat polisiewoordvoerder, Majang Skalkie, het in 'n verklaring gesê die vrou is 'n werknemer van die slagoffer, die 73-jarige Jacobus Petrus Botha. Sy is gister op die plaas in hegtenis geneem. Die twee ander verdagtes is in Bohlokong in Bethlehem gearresteer. Botha het na bewering op 7 Desember in sy kamer geslaap toe vier onbekende mans hom met 'n knopkerrie begin slaan het. Hulle het geld en vuurwapens geëis. Die verdagtes het Botha se hande en voete vasgebind. Hulle het die huis geplunder en kos sowel as 'n DVD-speler gesteel. Die vier het te voet gevlug en die beseerde Botha in die huis gelos. Hy is omstreeks 07:00 die volgende oggend gevind deur van sy plaaswerkers wat vir werk aangemeld het. Skalkie sê die drie sal binnekort in the Lindley Landdroshof verskyn.

Polisie verklaring

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.