On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Local News

Foto: Brand verwoes deel van Potch Gimnasium

───   16:14 Fri, 11 Jan 2013

Jeanne Boshoff

Potchefstroom - 'n Brand het vanmiddag die boonste blok van Gimnasium Hoërskool in Potchefstroom se noordelike vleuel verwoes toe 'n weerligstraal vermoedelik die skool raakgeslaan het.

Ondervoorsitter van Gimnasium se beheerliggaam, Bertus le Roux, sê die weerlig het die skool omstreeks 14:30 getref.

Die skoolhoof en van die personeellede kon daarin slaag om een klaskamer se meubels, handboeke en toerusting betyds na buite te dra.

Die graad twaalfs se wiskundeklaskamer, sowel as die klerebank en 'n boekestoor is in die brand verwoes.

Le Roux sê die brandweer was vinnig op die toneel en kon verdere skade aan die res van die skool voorkom.

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.