On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Bejaarde op Allanridge in sy huis aangeval

───   16:25 Mon, 14 Jan 2013

Mariné Jacobs

Allanridge - ‘n Bejaarde man is in ‘n ernstige toestand nadat hy vanmiddag in sy huis op Allanridge op die Goudveld aangeval en ten minste drie keer met ‘n mes gesteek is.
 
Polisiewoordvoerder Puleng Motsoaneng sê die 65-jarige Japie Truter is deur ‘n man met ‘n balaklava in sy huis oorval en drie of vier keer in die rug gesteek. Hy is tans in ‘n kritieke toestand in Thusanong hospitaal, maar sal moontlik na ‘n hospitaal in Welkom of Bloemfontein oorgeplaas word.

Motsoaneng sê dat niks uit Truter se huis gesteel is nie, en die motief vir die aanval is dus onbekend.
 
Die polisie is opsoek na die verdagte en doen ‘n beroep op die gemeenskap om enige inligting rakende die voorval aan hulle te rapporteer.

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.