On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Dae van individuele boerderye is getel

───   16:30 Wed, 30 Jan 2013

Sun City - Die dae van individuele boerderye is getel, met landbou wat ’n era van boerderymaatskappye binnegaan. Dit, volgens landbou-ekonoom, Ernst Janovsky, tydens Monsanto se konferensie by Sun City.

Landbou.com berig dat Janovsky sê die boer sal in die toekoms ’n skakel in die bestuursiklus op ’n plaas word. Dié neiging kom op groot skaal in die wêreld voor.

Boere moet volgens Janovsky hul sakeplanne so opstel dat hulle kapitaal van buite vir hul bedrywighede kan inneem. Dit is die enigste manier om vorentoe te kan beweeg.

Janovsky het ook gesê kommoditeitspryse gaan styg, wat op kort termyn tot boere se voordeel sal wees.
 
Dié hoër pryse gaan egter van boere vereis om meer tyd te bestee aan deeglike beplanning rakende prysbestuur – waaroor ’n boer baie min beheer het.
 
Hy sê ook grondpryse gaan na verwagting in die toekoms styg, met dié hulpbron wat baie duur gaan word.

Landbou.com



More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.