On Now
Weekends 13:00 - 16:00
Saterdag Siësta Yvette
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Other News

Londen-marathonslagoffer het verbode dieetmiddel gedrink

───   08:08 Thu, 31 Jan 2013

Londen-marathonslagoffer het verbode dieetmiddel gedrink | News Article

Claire Squires het ‘n dieet-aanvulling in haar waterbottel gehad wat moontlik tot hartversaking kon gelei het.

Die atleet wat gesterf het terwyl sy aan die Londen-marathon deelgeneem het, het ‘n dieet-aanvulling geneem wat moontlik tot hartversaking gelei het.  Die dood van Claire Squires het die harte van mense wereldwyd aangegryp en het daartoe gelei dat meer as $1 miljoen se donasies al ingevorder is.  Squires het verlede April naby Buckinghampaleis inmekaargesak terwyl sy aan die marathon deelgeneem het om geld in te samel vir ‘n organisasie wat selfmoord probeer voorkom.

Die patoloog wat die nadoodse ondersoek gedoen het, het egter bevind haar waterbottel het van die verbode dieetaanvulling bevat.  Die organiseerders van die marathon oorweeg ook nou veranderinge aan die raad wat hulle aan amateur-atlete gee oor die gebruik van aanvullings.
 
Sapa

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.