On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Lombard kon met tye nie tussen feit en fiksie onderskei nie: Getuie

───   12:14 Mon, 11 Feb 2013

Mariné Jacobs

Bloemfontein - Magda Lombard kon met tye nie tussen feit en fiksie onderskei nie. Só het die Vrystaatse hooggeregshof vanoggend gehoor in die saak teen Kadisang Michael Moema wat tereg staan op twee aanklagte van verkragting nadat Lombard in 2011 beweer het hy het haar verkrag terwyl sy ‘n pasiënt in die onkologie-eenheid van die Universitas Annex was.
 
‘n Kliniese assistent in onkologie, Johannes Raats, het vanoggend getuig dat Lombard met tye nie korrek op realiteit gereageer het nie en soms absurde goed kwytgeraak het. Hy sê dat haar verstandelike toestand geensins vreemd was vir ‘n persoon met so ‘n ernstige mediese kondisie soos sy nie en in ag genome die medikasie wat sy ontvang het.

Die matrone wat aan diens was die nag na die beweerde verkragting, Dipuo Matobisa, het getuig dat Lombard daardie nag beweer het sy is weer verkrag. Staatsaanklaer Amanda Bester het aan Matobisa uitgewys dat dit teenstrydig is met ‘n ander getuie se verklaring, maar Matobisa het by haar getuienis gehou.

Die hof het verdaag tot môre om die staat en verdediging geleentheid te gun om hul slotbetoë voor te berei.

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.