On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Noordwes se naam moet verander: Mahumapelo

───   DANE DANE 16:21 Tue, 12 Feb 2013

Dane Beisheim

Potchefstroom - Die voorsitter van die ANC in Noordwes, Supra Mahumapelo, wil die provinsie se naam na Moses Kotane verander.

Volgens Mahumapelo is die rasionaal hieragter dat Noordwes ’n vae en ongedefinieerde geografiese pleknaam is, en vervang moet word met iets wat die ryk "struggle"-geskiedenis van die provinsie reflekteer.

Dit het gister aan die lig gekom tydens ’n spesiale vergadering na afloop van ’n besoek deur President Jacob Zuma en verskeie hooggeplaaste ANC-afgevaardigdes na Potchefstroom se Tlokwe munisipaliteit.

Mahumapelo, ’n gunsteling vir die premierskap in die Jacob Zuma-kamp, het tydens die byeenkoms verskeie voornemens vir die provinsie gemaak.
 
Benewens die voorgestelde naamsverandering wil hy ook hê dat die private- en onderrig sektore moet 'inkoop' om van Noordwes ’n wen-provinsie te maak.

Politieke kenner, André Duvenhage, meen egter dat die ANC sy huis se sake in orde sal moet kry voor sulke ideale bereik kan word.

*



Podcasts

Prof André Duvenhage:

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.