On Now
Weekends 13:00 - 16:00
Saterdag Siësta Yvette
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Other News

ASA-president seker van sy pos

───   16:30 Tue, 19 Feb 2013

ASA-president seker van sy pos | News Article

ASA-president, James Evans, is oortuig dat hy sy posisie gaan behou ten spyte van pogings deur meer as die helfte van sy direksie om hom uit te skop.

Atletiek Suid-Afrika-president, James Evans, is oortuig dat hy sy posisie gaan behou ten spyte van pogings deur meer as die helfte van sy direksie om hom uit te skop.  Ses van die 11 direksielede het verlede week versoek dat ‘n spesiale algemene vergadering gehou word.  Die lede het in identiese briewe aan ASA-adjunkpresident, Hendrick Ramaala, gesê dat Evans verskeie kere op sy eie, en sonder die onderskrywing of bevestiging van die direksie, opgetree het. 

Hulle beweer onder meer dat Evans uitbetalings aan homself gemaak het, en het die ASA-hooffinansiële beampte aangesê het om betalings te maak sonder die goedkeuring van die direksie.  Saskok-president, Gideon Sam, het verlede week aangedui dat sy komitee gaan ingryp om die situasie te probeer beredder.

Sapa

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.