On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Ek wil graag my seun in die tronk besoek: Dorothea Brits

───   16:41 Mon, 25 Feb 2013

Lani Fouché

Harrismith - Dorothea Brits, die vrou van die vermoorde dominee van Harrismith, Willem, het nog nie haar seun, Martin, in die plaaslike tronk besoek nie.
 
'n Woordvoerder en nabye vriend van die Brits-familie, Bobby Scherrer, sê sy wil graag haar seun besoek, maar die moontlikheid het hom nog nie voorgedoen nie.
 
Martin word daarvan verdink dat hy sy pa en aanstaande swaer, Gerhardus Vermeulen, vermoor en sy ma met 'n byl oor die kop gekap het.

Na 'n lang hospitaalverblyf in Bloemfontein, is Dorothae onlangs terug Harrismith toe waar sy nou in die Eliza Liddell-tehuis vir bejaardes woon. Scherrer sê sy wag nog vir die regte tyd om met haar vermeende moordenaar-seun te praat.

OFM Nuus verneem Thea kuier gereeld by haar ma en dat dit goed gaan met haar en haar twee ander broers, Willie en David. Sy staar self aanklagte van diefstal en die rig van 'n vuurwapen in die gesig en moet op 11 Maart weer in die Harrismith Landdroshof verskyn.


Podcasts

Bobby Scherrer:

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.