On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Local News

Sasolburg polisiesersant vry op borgtog ná beweerde aanranding

───   15:08 Wed, 13 Mar 2013

Sabrina Dean

Bloemfontein - 'n Polisiebeampte van Sasolburg het in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op 'n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
 
Die 37-jarige sersant Christoffel Neuhoff is borgtog van R500 toegestaan en moet weer op 20 Maart in die hof wees vir vasstelling van 'n verhoordatum.
 
Die aanklag hou verband met 'n voorval in die nag van 1 Maart by 'n vulstasie in Langenhovenpark toe hy na bewering 'n man aangerand het. Neuhoff het na bewering vir Neil Sonnekus geslaan terwyl hy, sy vriend en sy broer op 'n bestelling by 'n kitskostoonbank gewag het.
 
Sonnekus is na bewering vir 'n week in die Pelonomi Hospitaal in Bloemfontein behandel, na bewering vir skedelbreuk en bloeding op die brein.
 
Die voorval is glo op kringtelevisiekameras vasgelê.





More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.