On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Other News

Zola Budd voltooi Two Oceans halfmarathon

───   16:28 Sat, 30 Mar 2013

 Die legendariese langafstandatleet Zola Budd het so pas die Two Oceans halfmarathon in winderige toestande voltooi. Budd, wie onder die vaandel van The Unlimited hardloop, het die halfmarathon in 1 uur 24 minute 49 sekondes klaargemaak en was die tweede veteraan dame oor die eindstreep.

“Ek is regtig tevrede met my uitslag, aangesien ek vir ‘n 84 minute tyd gemik het. Dit was ‘n goeie resies, maar die wind was effe problematies. Die wegspring het baie goed afgeloop en ek kon naby aan die voorste groep kom en het dus nie baie verkeer gekry nie. Ek kon daarin slaag om ‘n redelike standvastige spoed te handhaaf en die heuwels was nie so erg as wat ek verwag het nie,” het Budd by die eindstreep vertel.

Volgens Budd is haar tyd ‘n goeie indikasie dat haar oefenprogram op skedule is en dit is ‘n goeie aanduiding dat sy haar mikpunt van ‘n silwer medalje in die Comrades behoort te behaal. “Die atmosfeer by die wegspring is absoluut ongelooflik en die ondersteuning van die skares langs die roete was wonderlik. Dit plaas hierdie wedren in ‘n totale verskillende kategorie,” reken Budd.

More from Other News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.