National
Anene Booysen moordverdagtes verskyn─── 09:46 Tue, 21 May 2013
Bredasdorp - Twee mans wat in hegtenis geneem is in verband met die verkragting van en moord op Bredasdorp tiener Anene Booysen, verskyn vandag in die dorp se Landdroshof. Die saak teen Johannes Kana en Jonathan Davids is verlede maand uitgestel, hangende uitstaande forensiese verslae. Davids is voorheen borgtog geweier. Kana het nie om borgtog aansoek gedoen nie aangesien hy skuld erken het op die verkragting en aanranding van Booysen, maar nie op die moord nie.
Sapa
Sapa
