National
Tshwane skop teen straatnaam-bevel─── 06:49 Thu, 20 Jun 2013
Pretoria - Tshwane kan glo nie van minagting van die hof aangekla word omdat hulle nie weer die ou straatname in en om Pretoria opgesit het nie.
Blessing Manale, woordvoerder vir burgemeester Kgosientso Ramokgopa, het gesê hulle het ‘n regsmening ontvang wat dit duidelik stel dat die stad binne sy regte is om nie weer die dubbele straatname op te sit nie.
Die hooggeregshof in Pretoria het op 13 Junie die Tshwane metro se aansoek om verlof tot appèl teen ‘n tussentydse hofbevel, wat in April toegestaan is, van die hand gewys.
Die hofbevel verhoed die stad om ou straatname te verwyder en het geëis dat die ou straatname, wat reeds verwyder is, weer opgesit word.
Die bevel is toegestaan nadat AfriForum ‘n dringende aansoek ingedien het terwyl daar gewag word vir die uitslag van ‘n aansoek om die name van 25 strate in die stad tersyde te stel.
Sapa