On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

National

Verdediging sluit saak teen Thandi Maqubela

───   17:12 Tue, 20 Aug 2013

Die verdediging het vandag sy saak teen Thandi Maqubela in die Wes-Kaap Hooggeregshof gesluit.
 
Maqubela word daarvan beskuldig dat sy haar man, waarnemende regter Patrick Maqubela, vermoor het.
 
Maqubela word aangekla van moord, vervalsing en bedrog. Die laaste twee aanklagte hou verband met die feit dat sy na bewering haar man se handtekening op sy testament vervals het en dit aan Meester van die Hooggeregshof in Johannesburg voorgelê het.
 
Haar medebeskuldigde, Vela Mabena, word slegs van moord aangekla.
 
Maqubela se liggaam is in 2009 in sy luukse woonstel in Bantry Bay gevind. Hy is versmoor.
 
Finale argumente sal op 7 Oktober deur die hof aangehoor word.
 
Sapa

More from National

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.