On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Misdaadprobleme met boere bespreek

───   07:12 Tue, 03 Sep 2013

Dirk Kok
Trompsburg - ’n Vergadering van die Vrystaatse LUR van polisie, paaie en vervoer, Butana Komphela, op Trompsburg met boere van die Xhariep-distrik oor veiligheid en probleme met veediefstal en ander misdaad was vrugtevol.
 
Tommie Esterhuyse, voorsitter van Vrystaat Landbou se wet-en-orde-komitee, sê dit is veral verblydend dat Komphela gesê het daar sal jag gemaak word van veediewe in die provinsie.
 
Esterhuyse sê ’n beplande besoek van die minister van polisie, Nathi Mthethwa, om met Vrystaatse boere oor misdaadprobleme te gesels, word ook verwelkom.
VL doen ’n opname onder boere om Mthethwa volledig in te lig hoe misdaad die landbougemeenskap in die provinsie raak.
 
Boere word gevra om vraelyste, wat by VL se kantoor in Bloemfontein beskikbaar is, in te vul en dit teen Vrydag weer in te handig.

Podcasts

Tommie Esterhuyse:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.