On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Swanger vrou se ontbinde lyk in asblik in Bloemspruit gevind

───   13:39 Tue, 01 Oct 2013

Lani Fouché
 
'n Ses-en-dertig jarige man is vroeg vanoggend in Bloemspruit in hegtenis geneem weens die gru-moord op sy swanger meisie.
Vrystaatse polisiewoordvoerder Thandi Mbambo sê lede van 'n gemeenskapspolisiëringsforum het kort na 02:00 vanoggend tydens 'n roetine-patrollie op 'n verseëlde asblik afgekom wat vreemd geruik het.
 
Binne-in was die erg ontbinde lyk van 'n sewe-maande swanger vrou. Mbambo sê die polisie is ontbied, waarna hulle die sleepspore van die asblik kon terugvolg tot by die verdagte se woning.
 
Hy sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof op 'n klag van moord verskyn.

Mbambo het die gemeenskap gevra om met inligting na vore te kom wat kan help om die vrou te identifiseer.
 
"Die vrou se voete is met 'n tou vasgemaak, en nog 'n tou is om haar nek gevind waarmee sy vermoedelik verwurg is.
 
Twee 5 liter petrolkanne is langs die asblik gevind. Dit sou vermoedelik gebruik word om die lyk te vernietig," het Mbambo gesê.
 
Daar word vermoed dat die verdagte die asblik in sy huurkamer in 'n huis aangehou het, totdat die huiseienaar gisteraand gekla het van 'n slegte reuk.
 
Hy het dit toe in die straat in gestoot. Mbambo sê die vrou is so erg ontbind dat dit moeilik is om haar te identifiseer.
 
Sy het 'n swart broek, swart jas en rooi en swart plat skoene aangehad.




Podcasts

Thandi Mbambo:

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.