On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Man verskyn vir moord op hoog-swanger eks-meisie

───   LANI LANI 07:34 Thu, 10 Oct 2013

Lani Fouché
 
Bloemfontein - Die man wat daarvan verdink word dat hy 'n swanger vrou vermoor en haar lyk vir langer as 'n maand in 'n asblik by hom gehou het, sal vandag weer in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn.
 
Meloko Emanual Mapitsi (36) van Bloemspruit staar twee aanklagte van moord in die gesig.
 
Polisiewoordvoerder Peter Kareli sê die tweede moordklag is weens die gevorderde stadium van sy voormalige meisie, Francina Lebete (20), se swangerskap toe hy haar vermoor het.
 
Mapitsi is by sy huurwoning in Bloemspruit in hegtenis geneem nadat lede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum op Lebete se ontbinde liggaam in 'n geseëlde asblik afgekom het.
 
 

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.