On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Noordwes-boer kritiek na aanval

───   DANE BEISHEIM 13:57 Thu, 10 Oct 2013

Noordwes-boer kritiek na aanval | News Article
Dane Beisheim
 
Klerksdorp - 'n Noordwes-boer, die 75-jarige Frans van der Schyf, is in ’n kritieke toestand nadat hy en sy vrou gister op hul plaas Môrester tussen Klerksdorp en Ventersdorp deur twee mans aangeval is.
 
Van der Schyf is in die Garden City Hospitaal in Johannesburg se hoësorgeenheid opgeneem waar hy behandeling ontvang vir ernstige kopbeserings.
 
Sy vrou Hennie is dood, ook weens ’n kopbesering. Die polisie se Sabata Mokgwabone kon nie sê wat die hoofbeserings veroorsaak het nie.
 
Die egpaar se seun, Frans, is by die hospitaal waar sy pa behandel word.

Twee mans is reeds in verband met die voorval in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

Podcasts

Frans van der Schyf:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.