On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Local News

Beseerde seun van vermoorde Barkly-Oos egpaar onderweg na Bloem

───   09:08 Wed, 16 Oct 2013

Beseerde seun van vermoorde Barkly-Oos egpaar onderweg na Bloem | News Article
Dirk Kok
Die Vrystaatse lugambulansdiens Aerocare is op pad na Bloemfontein met Dawie De Villiers van Barkly-Oos wat baie erg beseer is in ’n plaasaanval waarin sy bejaarde ouers vermoor is.
 
Die lyke van Dawid en Ralie de Villiers, albei in hul tagtigs, en die beseerde Dawie (53) is vanoggend in hul huis op die plaas Broadlands gekry.
 
Die vermoorde egpaar se dogter, Christina de Villiers, en skoonseun, Johan Olivier, is albei dokters op Barkly-Oos.
 
Olivier sê al hul aandag was tot nou toe op die erg beseerde Dawie gefokus.
 
Hoe sy skoonouers deur die nag vermoor is en wat presies gebeur het, weet hulle nog nie. Die ambulansvliegtuig sal binnekort op Aliwal-Noord opstyg om Dawie na 'n hospitaal in Bloemfontein te vlieg.
 
So sê ambulansvlieënier Johan Steyl.

OFM Nuus wag op bevestiging en meer inligting oor die voorval van die polisie.




Podcasts

Johan Steyl:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.