On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Vee in NW vrek, maar boere kry nog nie ramphulp

───   16:24 Tue, 22 Oct 2013

Dirk Kok/Pieter Möller - Vee van veral opkomende boere is aan die vrek in die droogtegeteisterde Noordwes, maar boere het nog geen ramphulp ontvang in dié provinsie wat tot rampgebied verklaar is nie, sê Agri-Noordwes se president, Cor Jansen van Vuuren.
 
Jansen van Vuuren sê daar hang ook vraagtekens oor tenders wat nou deur die regering gevra is vir die uitdeel van droogtehulp. Toe die provinsie tot rampgebied verklaar is, was daar ’n uitgewerkte besigheidsplan om boere van debietkaarte te voorsien om vir spesifieke bedrae kragvoer en lek vir hul diere te kan koop. Hy sê dit was ’n praktiese plan, maar nou moet boere hoor iemand gaan betaal word om die ramphulpgeld uit te deel.
 
Jansen van Vuuren sê die reën wat vandeesweek in die provinsie geval het, het boere bietjie moed gegee. Boere hoop op verdere goeie reën wat hul enigste redding gaan wees.

Podcasts

Cor Jansen van Vuuren:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.