On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

National

Ek het dit g'n opgekook: NW-boer oor omstrede AfriForum-video

───   17:23 Tue, 19 Nov 2013

Dirk Kok
 
 
Die boer van Noordwes wat 'n video van ses gewapende inbrekers in sy plaashuis aan AfriForum gegee het, sê mense maak 'n fout as hulle die egtheid van die beeldmateriaal in twyfel trek.
 
Die 66-jarige boer, wat anoniem wil bly, sê die beeldmateriaal kom net so van die hardeskyf van sy veiligheidskameras af. Die diefwering waar die betreders ingeklim het, is ook steeds stukkend.
 
AfriForum het dié video gister openbaar gemaak as deel van sy internasionale veldtog teen plaasaanvalle. Bekgevegte het egter op Facebook en YouTube ontstaan oor die egtheid van die beeldmateriaal.
 
Skeptici betwyfel die egtheid van die video en sê dit lyk na toneelspel.
 
AfriForum sê die beeldmateriaal is eg en die video gaan deel wees van sy voorlegging oor plaasaanvalle later vandeesmaand aan die VN se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève.
 

Podcasts

Die boer wat die video aan AfriForum gegee het:

More from National

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.