On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

NK-boere maak skoonskip in Voermol-kompetisie

───   14:16 Thu, 28 Nov 2013

Dirk Kok
 
Bloemfontein - Noord-Kaapse boere het vanjaar skoonskip gemaak in Voermol se gesogte kompetisie vir die Bees- en Skaapboer van die jaar.
 
Hennie Coetzee van Henco Bonsmaras by Prieska is Woensdagaand op ’n dinee by die Windmill Casino in Bloemfontein as die land se Beesboer van die Jaar aangewys.
 
Suid-Afrika se beste skaapboere is die broers Dries en Jan Wiese van die Wiese-besigheidstrust in die Hardemans-Karoo by Loxton.
 
Voermol se Hendrik van Pletzen en die Universiteit van die Vrystaat se Johan Greyling het gesê een van die uitstaande kenmerke van die wenboere is hul diverse boerderye. Coetzee, wat saam met sy seun Bertie van die eertydse musiekgroep Zinkplaat met beeste by Prieska boer, se boodskap aan medeboere was aan die hand van John F. Kennedy se bekende inhuldigingstoespraak.

’n Vrystater, Neil Fyvie van Harrismith, is aangewys as die land se naasbeste beesboer. Die naasbeste skaapboer is Kobus Horne van Pienaarsrivier by Riversdal in die Wes-Kaap.
 
Dié jaarlikse kompetisie word as een van die land se voorste boerderykompetisies beskou.


Podcasts

Hennie Coetzee:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.