On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

LUR Qabathe: Swart boere moet kennis aan nageslag oordra

───   16:39 Fri, 24 Jan 2014

Dirk Kok
 
Senekal - Die Vrystaatse LUR van landbou, Mamiki Qabathe, sê swart boere kan van wit, kommersiële boere leer hoe om boerderye suksesvol van geslag tot geslag te bedryf.
 
Sy sê in die swart gemeenskap sterf landboukennis en -vaardighede dikwels saam met die ouer geslagte omdat jong mense nie deel word van boerderybesighede nie.
 
Qabathe het gepraat op 'n boeredag op die plaas van die Vrystaatse president van die African Farmer's Union, Pitso Sekhoto, naby Senekal.
 
Sy het gesê Sekhoto stel 'n goeie voorbeeld deurdat sy dogter, Nono, die plaas bestuur, en nog twee jong familielede sleutelposte beklee.
 
Hy stel ook 'n voorbeeld met diverse boerdery wat deesdae nodig is vir oorlewing en sukses.

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.