On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Breedt moordverdagte vrygelaat op borgtog

───   SABRINA SABRINA 16:42 Fri, 14 Mar 2014

Sabrina Dean Bethlehem - ‘n Onderwyser is vandag op R2000 borgtog vrygelaat nadat hy van die moord op ‘n jong Bethlehemse onderwyseres aangekla is.
 
Die 34-jarige John Cordier het vandag in die Bethlehem-landdroshof verskyn.
 
Die Vrystaatste woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, Phaladi Shuping, sê Cordier is gister in hegtenis geneem vir die moord op die 26-jarige Petri Breedt, wie sy meisie was.
 
Breedt het nog gelewe toe sy Vrydagaand bewusteloos op ‘n sypaadjie in die dorp gevind is. Sy is Saterdag in die Medikliniek Bloemfontein oorlede. Dit blyk of sy ‘n kopbeseering opgedoen het.
 
Na wat verneem word toon die lykskouing sy is aan onnatuurlikke oorsake dood. Polisie het intussen bevestig dat Cordier Saterdag ook ‘n saak van aanranding in Bloemfontein namens Breedt geopen het.
 
Die saak is tot 4 April uitgestel vir verdere ondersoek.

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.