On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

National

Jeff Radebe: "Stem Nee"-veldtog is absurd

───   13:36 Wed, 16 Apr 2014

Pietermaritzburg - Minister van Verdediging, Jeff Radebe, het vanoggend die "Stem Nee"-veldtog, wat deur 'n groep ANC-steunpilare van stapel gestuur is, gekritiseer en gesê dit ondermyn die opofferings wat die teenstanders van apartheid gemaak het.
Hy het tydens die opening van die opgegradeerde landdroshof in Pietermaritzburg gesê gedrag wat in 'n oerwoud pas is besig om in aanloop tot die verkiesing na vore te kom.
 
Hy sê hy vind dit absurd dat sommige mense voorstel dat 'n demokratiese reg om te kan stem deur bedorwe stemme nietig verklaar word, omdat baie mense, soos Solomon Mahlangu en SA Kommuniste Party-leier Chris Hani, 'n reuse prys vir vryheid en demokrasie betaal het.
 
Voormalige ministers Ronnie Kasrils en Nozizwe Madlala-Routledge het gister die "Stem Nee"-veldtog by Wits Universiteit geloods, waarin Suid-Afrikaners aangemoedig word om óf vir 'n minderheidsparty te stem, óf hulle stemme te bederf.
 
Sapa

More from National

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.