On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Name van vermoorde Tweevley egpaar bekend

───   16:13 Mon, 21 Apr 2014

Harrismith - Die name is bekend gemaak van die egpaar wat op 'n gasteplaas, Tweevley by Harrismith in die Oos-Vrystaat vermoor is.
 
Hulle was die 62-jarige Brian Pope en sy 46-jarige vrou, Tillie, wat in hulle slaapkamer doodgeskiet is.
 
Die SAUK berig die egpaar se seun is ook met 'n tuinvurk in die bors gesteek, terwyl sy vrou in die arm geskiet en met die vurk in die gesig gesteek is.
 
Sy kon daarin slaag om met haar kinders te vlug.
 
Die man en sy vrou is in die hospitaal op Bethlehem opgeneem.
 
Polisie woordvoerder Mmako Mophiring sê 'n plaaswerker wat na bewering van Malawi afkomstig is, is vroeër in verband met die moord en aanval in hegtenis geneem.
 
Hy sal môre in die Harrismith-landdroshof verskyn.
 
SAUK

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.