On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Bothaville-sakekamer verwelkom beleid oor biobrandstof

───   16:29 Tue, 22 Apr 2014

Dirk Kok - Die Mieliehoofstad-sakekamer sê hy verwelkom die departement van energie se aankondiging dat die finale biobrandstofbeleid aanstaande maand gepubliseer sal word.
Die energiedepartement sê sy samesprekings is afgehandel met rolspelers wat betrokke sal wees by die vermenging van biobrandstof in die nasionale brandstofvoorraad. Die sperdatum vir die verpligte vermening bly Oktober volgende jaar.
Die Mieliehoofstad-sakekamer se nuwe voorsitter, Arnold Steyn, sê dit word verwelkom dat daar nou sekerheid kom om die biobrandstofbedryf op dreef te kry.
Die belegger Mbele Fuels wil hier 'n aanleg van R2,5 miljard bou vir die vervaardiging van biobrandstof uit sorghum. Steyn sê vir die dorp en gebied gaan dit 'n reuse ekonomiese inspuiting wees.
In die graanbedryf is daar twyfel of die sperdatum vir die verpligte vermenging gehaal gaan word, omdat bouwerk aan die aanlegte op Bothaville en Cradock nog nie begin het nie.

Podcasts

Arnold Steyn:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.