On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Africa News

Ebola-sterftes nou meer as 140

───   10:27 Wed, 23 Apr 2014

Kaapstad - Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het bevestig dat die Ebola-uitbreking in Wes-Afrika reeds meer as 140 lewens geëis het.

Die Ebola-virus veroorsaak 'n hoë koors en interne en eksterne bloeding. Daar is geen genesing of entstof vir die virus nie en die sterftekoers is hoog.

Die gesondheidsagentskap van die Verenigde Nasies het Dinsdag in 'n verklaring op sy webwerf gesê minstens 230 gevalle word in Guinee en Liberië vermoed of is reeds bevestig. Altesaam 129 sterftes in Guinee en 13 in Liberië word aan Ebola toegeskryf.

Die uitbreking is ongewoon, aangesien die virus gewoonlik in sentrale of oostelike Afrika voorkom.

Sapa 

More from Africa News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.