On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

DA, EFF ontken berigte oor koalisie

───   06:37 Thu, 24 Apr 2014

Johannesburg - Die DA en die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Woensdag berigte dat hul moontlik na die verkiesing 'n koalisie gaan vorm ontken.

Helen Zille, leier van die DA, sê 'n koalisie met die EFF sal onwerkbaar wees weens ideologiese verskille.
 
“Ek het dit nog altyd duidelik gemaak dat ons slegs koalisies sal vorm wanneer dit moontlik is om 'n samehangende regering te vorm en om ons beleidsverpligtinge aan die publiek te implementeer. Dit sal onmoontlik wees met die EFF.”

Julius Malema, leier van die EFF, sê sy party is nie in gesprek met ander politieke partye oor koalisies nie.
 
“Die berigte moet afgemaak word as blote desperate bespiegelings in 'n poging om die EFF se aandag af te lei van sy doel om te regeer, veral in Gauteng. Daar is geen sprake van 'n koalisie met enigiemand nie want die EFF het slegs een doelwit vir die verkiesing en dit is om te wen.”

Die reaksies kom na berigte dat die twee partye 'n koalisie sal oorweeg om beheer oor Gauteng te kry. Beide partye is vasbeslote om dié provinsie op 7 Mei by die ANC weg te neem.
 
Sapa 

More from National

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.