On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

DA verwelkom MRK-verhore oor plaasmoorde, veiligheid

───   16:35 Thu, 03 Jul 2014

Dirk Kok. - Die DA sê hy verwelkom die Menseregtekommissie se beplande openbare verhore oor plaasmoorde en plattelandse veiligheid, maar dit moet behoorlik gedoen word.
Dié party se skaduminister van landbou, Annette Steyn, sê sy gaan ná afloop van hierdie verhore die voorsitter van die parlementêre landboukomitee versoek om die MRK se bevindings en finale verslag te hersien.
Sy sê die DA vra al lank vir gespesialiseerde veiligheidseenhede vir die platteland, wat behoorlik opgelei en toegerus is vir misdaadvoorkoming. Die DA gaan dit nou ook van die MRK vra.
Steyn sê die DA sal die MRK-verhore deeglik dophou en hoop dit gaan die omkeerpunt vir regeringsoptrede wees vir die beskerming van alle plattelandse gemeenskappe.

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.