On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Boer gee tonne aartappels vir armes

───   17:00 Fri, 04 Jul 2014

Dirk Kok. - Op Rosendal in die Oos-Vrystaat het twee kerke, inwoners en boere hande gevat om drie keer per week die honger kinders van die woonbuurt Mautse kos te gee.
Daarmee saam gee 'n plaaslike aartappelboer, Martin Detering, al sy oorskotaartappels aan Mautse se arm mense. Verlede maand het Detering drie ton aartappels na die sopkombuis van die Global Gate Community Church se jeugprojek, Tshepo Generations, aangery. Verlede week is nog drie ton aartappels uitgedeel.
Detering, een van Vrystaat Landbou se leierboere, sê die kerk in Mautse, die NG kerk op die dorp, inwoners en landbouers het mekaar die hand gegee om die arm kinders van Mautse drie keer per week 'n bord kos te gee.
By die kerk in Mautse se sopkombuis het hy besluit sy tonne uitskotaartappels is van nou af die armes s'n.


Podcasts

Martin Detering:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.