On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben
Listen Live Streams

National

Nkandla-ondersoek duur voort

───   06:47 Wed, 23 Jul 2014

Pretoria - Die presidensie het Dinsdag gesê die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek oor die president se privaatwoning by Nkandla duur voort.

Die ondersoek is van stapel gestuur nadat die president 'n proklamasie onderteken het wat die SOE die magtiging gee om die departement van openbare werke se “prestige projek” by Nkandla te ondersoek. Die presidensie het gesê dit is een van 27 proklamasies wat steeds voortduur nadat die president dit onderteken het.

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, het in Maart haar verslag vrygestel waarin sy bevind het dat president Jacob Zuma en sy familie onregmatig voordeel getrek het uit opgraderings van R246 miljoen by Nkandla. Zuma wou nie binne die vereiste tydperk op Madonsela se verslag reageer nie, en het gesê hy sal wag vir die SOE se volledige verslag.

Hy het vroeër onderneem om teen Woensdag verlede week 'n omvattende verslag by die speaker van die nasionale vergadering in te dien, maar sy woordvoerder Mac Maharaj het Donderdag aangedui die president benodig nog inligting voordat hy op die bevindings kan reageer.
 
Sapa 

More from National

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.