On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Ontevrede NWU-studente hou optog oor ontgroeningspraktyke

───   CHRISTAL-LIZE CHRISTAL-LIZE 06:40 Thu, 24 Jul 2014

Christal-Lize Muller
Potchefstroom - Die Noordwes-Universiteit se studenteraad beplan om vandag 'n optog te hou waarin ontevrede studente van die Potchefstroom-kampus hul stem dik wil maak teen onder meer die beweerde afbrekende ontgroeningspraktyke op die kampus.
 
SR-voorsitter, Janco Jordaan, sê hulle wil die korrekte feite weergee rakende die kampus se beweerde pro-ontgroeningsgesindheid, diskriminerende ontgroeningspraktyke en die kampus se onvermoë om progressief te verander.

Jordaan sê die optog vandag om 11:30 sal op Potchefstroom, maar nie op die Puk-kampus nie, plaasvind.
 
'n Memorandum sal wel na afloop daarvan aan die institusionele registrateur van die NWU, Marlene Verhoef, oorhandig word.
 
Intussen het AfriForum Jeug sy steun aan die optog toegesê.



Podcasts

Janco Jordaan:

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.