On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Africa News

Boko Haram-militante skiet 200 mense dood

───   07:18 Fri, 06 Jun 2014

Boko Haram-militante skiet 200 mense dood | News Article
Borno - Minstens 200 mense is in Nigerië dood nadat Boko Haram-militante, wat soos soldate aangetrek was, hulle aangeval het.

'n Gemeenskapsleier wat die moorde Maandag sien gebeur het, het gesê inwoners van Gwoza in Borno het by die weermag gepleit om soldate te stuur om hulle te beskerm. Die inwoners het glo gerugte gehoor dat die militante hulle gaan aanval, maar die weermag het nie reageer nie.

Die militante het glo in Toyota Hilux-bakkies opgedaag, wat gewoonlik deur die weermag gebruik word. Hulle het aan die inwoners gesê hulle is daar om hulle te beskerm, dieselfde taktiek wat die groep gebruik het toe meer as 300 skoolmeisies op 15 April ontvoer is.

'n Ooggetuie, wat anoniem wil bly uit vrees vir sy veiligheid het gesê nadat inwoners in die middel van die dorpie bymekaar gekom het, het die militante “Allahu Akbar, Allahu Akbar” begin skree en op die inwoners losgebrand tot almal wat daar vergader het, dood was.

Dit het dae lank geduur voordat oorlewendes die nuus van die slagting aan die provinsiale hoofstad kon oordra, aangesien dit baie gevaarlik is om op die paaie te ry en daar is bykans geen telefoonverbindings nie.

Mohammed Ali Ndume, 'n senator in Borno, en 'n top sekuriteitsbeampte wat anoniem wou bly, het die slagting bevestig.

Boko Haram, wat 'n Islamitiese staat in Nigerië wil vestig, het reeds dorpies in die noordooste ingeneem en inwoners en politieke leiers word geteister en vermoor.

Duisende mense het al die afgelope vyf jaar in die gebied gesterf. Meer as 2 000 mense het reeds hierdie jaar gesterf en nagenoeg 750 000 Nigeriërs is uit hul huise gedwing.

'n Plaaslike joernalis wat deur 150 soldate vergesel word, het glo minstens 16 verlate dorpies aangemeld.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.