Africa News
Wrak van vermiste Algerynse-vliegtuig gevind─── 06:20 Fri, 25 Jul 2014
Ouagadougou - Die wrak van die vliegtuig van 'n Algerynse lugdiens wat gisteroggend vermis geraak het, is in Mali gevind.
Die koördineerder van die krisis-eenheid in Ouagadougou sê die wrak is 50 kilometer noord van die Burkina Faso-grens in die Gossi-streek van Mali gevind.
Spanne van Frankryk, Mali, Algerië en Niger het aan die soektog deelgeneem. Amptenare het vroeër gesê weerstoestande kon 'n rol gespeel het in die vliegtuig se verdwyning.
Die vliegtuig met 116 mense, onder wie 51 Franse burgers, het tussen Burkina Faso en Algerië vermis geraak.
Die bemanningslede was Spanjaarde.
BBC