Africa News
SwaziLeaks lê uitspattigheid van koningsgesin bloot─── 09:25 Fri, 29 Aug 2014
Mbabane - In die klein Afrika-koninkryk van Swaziland het 'n klein groep burgerlikes 'n sosiale media-beweging, genaamd "SwaziLeaks" begin om die uitspattige lewenstyl van die land se koninklikes te ontbloot.
Die lede van SwaziLeaks, wie se identiteit nie bekend is nie uit vrees vir vervolging, het die Twitter-blad sowat 'n jaar gelede begin.
Hulle publiseer gereeld foto's van die koninklikes waar hulle oorsee partytjie hou en by luukse vakansieoorde baljaar.
Volgens SwaziLeaks wil hulle hiermee die korrupsie en uitbuiting van die koninklike gesin ten toon stel. Swaziland is 'n monargie wat deur Koning Mswati III regeer word.
Die koning het 'n huishoudelike begroting van sowat $60 miljoen, of R638 miljoen, terwyl 60% van die bevolking op minder as 'n $1 of of omtrent R10 'n dag leef.
Sapa