On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Africa News

'Verkiesing in Lesotho sal vroeër plaasvind'

───   07:05 Tue, 16 Sep 2014

'Verkiesing in Lesotho sal vroeër plaasvind' | News Article

Maseru - Die verkiesing in Lesotho sal vroeër plaasvind in 'n poging om die politieke geskil in die bergkoningkryk te probeer oplos.

Dié besluit is gisteraand geneem, na 'n noodvergardering van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC).
 
President Jacob Zuma het die noodberaad gelei. 'n Datum vir die nuwe verkiesing is egter nog nie bekend gemaak nie.
 
Zimbabwe se president Robert Mugabe, die president van Botswana Ian Khama, Lesotho se eerste minister, Thomas Thabane, asook sy adjunk Mothetjoa Metsing was ook teenwoordig.
 
SADC se uitvoerende sekretaris, Stergomena Tax brei uit oor van die besluite wat tydens die beraad geneem is.

Die vergadering kom nadat Lesotho se koalisie-regering versuim het om teen Vrydag 'n besluit te neem oor die heropening van die parlement, wat in Junie deur Thabane opgeskort is.
 
JacarandaFM 

Podcasts

Stergomena Tax :

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.